DIENSTE EN BELEID

Beleid ten opsigte van produk opleiding
Om Oranje Lone die beste te benut, is deeglike opleiding noodsaaklik, daarom word opleiding ingesluit by die lisensiegelde en betaal u nie ekstra daarvoor nie. Daar is ook geen beperking aan opleidingure per klant nie, en ons is bereid om soveel opleiding te gee as wat die klant mag nodig hê om die program reg aan te wend. Behalwe telefoniese opleiding wat ons aanbied, bied ons ook 'n volledige reeks YouTube video tutoriale wat u kan besigtig/bestudeer in enige tyd wat u pas. Die video tutoriale word goed beplan om niks belangriks uit te laat nie, en kan soveel keer besigtig word as wat klante dit nodig vind. Ons formele opleiding word slegs per afspraak gedoen, waarby die klant inskakel en ons die opleiding gee deur middel van AnyDesk. Normaalweg duur 'n opleiding sessie 'n uur op 'n slag. Na die eerste sessie behoort u al aan die gang te kom met Oranje Lone. Drie tot 4 sessies word benodig om redelike insig te verkry en om die program reg aan te wend. U kan meer opleiding sessies versoek om alle aspekte van die program aan te leer. Ons is 'n sterk voorstaander vir program opleiding en sal dit altyd aanbeveel. U word ook aangeraai om dat nuut aangestelde loonklerke ook die formele opleiding direk deur ons doen. Daar gaan altyd inligting verlore wanneer personeel personeel oplei.

Prysbeleid
Oranje Lone poog nie om die goedkoopste in die mark te wees nie. Die prys wat ons bepaal vir ons produkte is gebaseer om volhoubaar voortreflike diens te lewer, kompeterend te wees, billike tariewe daar te stel terwyl ons die ekonomiese klimaat in ag neem. Die prys van ons produkte moet geensins gekoppel word aan die kwaliteit of waarde van ons produkte nie, 'n Hoër prys elders beteken nie dat ons produk van 'n swakker gehalte is nie.

Diensbeleid ten opsigte van ondersteuning
Om ons produkte te ondersteun is een van ons grootste eienskappe waarop ons trots is en skroom nie om 'n puik diens te lewer en die ekstra myl daarvoor te loop nie. Ons glo egter aan wedersydse respek en gesonde verhoudinge en sal alle klante groot of klein met respek hanteer. Ons sal altyd probeer om klante se omstandighede in ag te neem maar sal nie "deal" met frustasies of ongeduld nie. Wanneer ons hulp verleen sal ons wel fokus op ons produkte se funksionaliteit en klante daarmee behulpsaam wees.

Telefoniese Ondersteuning
Ons bied Telefoniese Ondersteuning aan vir klante wat probleme ondervind met program fout boodskappe of klante wat vinnig iets wil vra ten einde hul lone of salarisse te doen. Dit behels gewoonlik oproepe wat nie langer as 5 minute duur nie. Ernstige probleme mag heelwat langer neem. Ernstige probleme/foute word meesal opgelos deur net 'n rugsteun te herwin of slegs net reggestel deur data te herbou. Sou u nuwe loonklerke aanstel, moet daar asb nie van ons verwag word om op 'n betaaldag of tydens doen van lone die loonklerke by te staan met die doen van lone en salarisse nie. Ons is bereid om vir nuwe loonklerke volledige telefoniese opleiding te verskaf, wat oor 'n billike tydperk geskied en waarby dit ons nie bind tot "deadlines" van loonuitbetalings nie.
Probleme wat nie dringend is nie verkies ons om per epos te hanteer sodat ons lyne beskikbaar is vir regtig dringende probleme wat klante mag ervaar. Ons versoek ook dat loonklerke die video tutoriale besoek veral vir hulp verlang by prosedures reeds voorheen verduidelik.

Gereelde betroubare rugsteune is noodsaaklik op ander meduims.
Oranje Lone bied 'n fasiliteit om rugsteune op ons "cloud" te stoor. Die funksie is opsioneel beskikbaar  en handig om loondata te stoor sou u rekenaar se hardeskyf beskadig word weens weerlig, brand of vloed skade of gesteel word, ens.
Alternatiewelik beveel ons klante aan om die verantwoordelikheid te dra om betroubare rugsteune iewers elders veilig te bewaar sou u herwinning benodig. Oranje Lone maak outomaties rugsteune van u data telkens wanneer u 'n loonstelsel open, maar berg dit op u hardeskyf sou die data vir een of ander rede skielik korrup raak. In so 'n geval is dit maklik om vinnig een van die veelvuldige rugsteune te herwin.

"Deadlines"
Teiken datums wat bepaal word deur SARS en UIF opgawes, SARS oudits, ouditeure,  of Departement van Arbeid moet u asb nie onbillik op ons projekteer nie. Werk betyds aan sodanige sake veral as u ons hulp benodig sodat ons genoegsame tyd het om u te kan ondersteun.

Foute op programme
Enige foute op die programme wat opgemerk word is altyd 'n verleentheid en sal ons ten alle koste foute bekend aan ons so vinnig moontlik reg stel. Ons stel dit hoog op prys wanneer daar foute uitgewys word, moet asb nie huiwer nie. Ons poog natuurlik altyd om opgraderings foutloos vry te stel deur prosedures deeglik vooraf te toets.

Werksure en Telefoniese Opleiding/Ondersteuning
Kantoor ure is vanaf 08h00 tot 17h00 en etenstyd vanaf 13h00 tot 14h00. Telefoniese ondersteuning word eers verleen vanaf 9:00 tot 16:00 uitgesluit etenstyd. Ons doen na-ure ondersteuning in uitsonderlike gevalle slegs as dit vooraf gereël word en indien die omstandighede dit regverdig. Dit mag nie gewoontevormd wees nie. Geen telefoniese opleiding sal na-ure verskaf word nie. Telefoniese opleiding word aangebied slegs per afspraak en hoogstens twee afsprake per week. Telefonies opleiding word aanbeveel vir alle loon gebruikers en weet dat goed opgeleide klante/loonklerke altyd gelukkig en tevrede is met ons produk, en die vermoë het om die program tot sy maksimum kan benut. Oranje Lone beskik oor uitgebreide YouTube video tutoriale wat na-ure hulp vir u beskikbaar maak. Ons nooi u uit om asb daarvan gebruik te maak.

Opgraderings van Pakkette
Oranje Lone en al ons sagteware produkte word redelik gereeld opgegradeer en ons raai u ten sterkste aan om altyd op die nuutste weergawe te werk. Dit is baie maklik om op te gradeer. Opgraderings sal alle bekende foute uitskakel, prosedures bevat om u werk te vergemaklik en sal bekik oor nuutste belastingtabelle en veranderinge soos vereis van SARS en ander betrokke partye. Elke keer wanneer u Oranje Lone open sal u outomaties in kennis gestel word van opgraderings/opdaterings op voorwaarde dat u aanlyn is.

Reaksie Tyd op Eposse en Whatsapp Boodskappe ontvang
Whatsapp het baie gewild geword as kommunikasie middel. Whatsapp boodskappe sal hanteer word soos Eposse op die basis van eerste ontvang word eerste hanteer, met geen voorkeur van een medium bo die ander. Dit is egter vir ons makliker om sekere probleme per epos te be-antwoord aangesien baie oplossings reeds gedokumenteer is wat ons slegs kan aanheg per epos maar nie op Whatsapp nie. Vir ons is dit belangrik om op dieselfde dag terug te rapporteer maar benodig soms 'n vol dag of twee in druk tyd veral met IRP5/It3(a) rekonsiliasies.

Regstellings van foute gemaak
Ons sal u met graagte adviseer oor hoe u te werk moet gaan om foute tydens die doen van lone en salarisse gemaak reg te stel, maar dit is nie ons werk om sodanige foute gemaak self reg te stel nie, en sou u dit van ons versoek mag ons daarvoor fooi. Foute deur u gemaak is nie abnormaal nie en sal altyd agterna reggestel kan word. Moet asb nie huiwer om ons te vra nie - ons sal met graagte verduidelik hoe u te werk sal moet gaan.

Herwinning van ou datastelle geberg
Ons raai u sterk aan om minstens 5 of 6 jaar se loonstelsels te hou op u program (soos wat wetlik vereis word). Indien u sou verkies om ou datastelle apart te berg ("arcive"), moet u in gedagte hou dat sou u daardie data op 'n latere stadium wil gebruik, dit eers opgegradeer moet word. Hierdie opgradering sal ons teen 'n ekstra koste doen en word nie ingesluit by die jaarlikse lisensie gelde nie. Ons beveel dus aan dat u eerder datastelle behou op u program eerder as om apart te berg. Vandag se rekenaars is groot genoeg om jare se data te stoor.

Ons is nie raadgewende konsultante nie
Let asb daarop dat ons advies kan gee oor Oranje Lone en ons produkte, maar u nie formeel of wettiglik kan adviseer rakende belasting, ETI, arbeidskwessies ensovoorts nie.

Staking van Oranje Lone
Wanneer ons verneem van 'n klant wat ons diens en produk wil staak voel dit amper vir ons soos 'n tydelike verlamming. Ons sal uit ons pad gaan om so-iets te verhoed en nooi ons u uit om die saak eers met ons te bespreek voor die drastiese stap geneem word. Daar sal in die meeste gevalle 'n werkbare oplossing beding kan word. Dit is egter belangrik om te weet dat u ons formeel in kennis moet stel sou u wil staak - dit word uiteengesit in ons Termes en Diensvoorwaardes wat u aanvaar tydens elke opgradering.

Versoeke om funksies in Oranje Lone in te bou
Ons verwelkom voorstelle van nuwe funksies om in Oranje Lone in te bou. Ons verbeter Oranje Lone gedurig en wie sal beter weet as die gebruiker wat daagliks daarmee werk wat ons moet doen om die taak te vergemaklik. Ons kan nie noodwendig elke versoek in bou sonder deeglike oorweging of dit wel waarde sal byvoeg nie. Ons wil nie Oranje Lone lomp en omslagtig maak nie, maar eerder meer doeltreffend om werk en tyd te bespaar. Geen versoeke kan dus afdwingbaar gemaak word nie.


Lisensiegelde en Ekstra Gebruikers
Die normale lisensiegeld is vir een maatskappy en hoogstens twee loonklerke of gebruikers.
Vir elke bykomende maatskappy of besigheid en loneklerk wat ondersteuning benodig is daar 'n billike fooi aan verbonde.

Verantwoordelikheid om lone en salarisse korrek te doen
Dit bly die verantwoordelikheid van u maatskappy om salarisse en lone korrek te doen. Foute mag ontstaan vanwee verkeerde opstelling en daarom is dit belangrik dat betaalstrokies deeglik ge-inspekteer word voor uitbetaling. Program foute wat mag opduik,sal ons onmiddellik herstel, maar dit sal baie onwaarskynlik wees dat Oranje Lone berekeningsfoute sal maak.

Ons by Oranje Lone ag dit ons plig om ons klante gelukkig en tevrede te hou, en dit is vir ons saam prioriteit dat salarisse en lone betyds en korrek gelewer word met die minste moeite en mees gebruikersvriendelike manier. Ons het 'n jarelange gesonde verbintenis met die meeste van ons klante. Oranje Lone is 'n program vir die gebruiker deur die gebruiker. Ons belofte is om tred te hou met die nuutste tegnologie en is daarop ingestel om ons produk met elke opgradering te verbeter en prosedures te vergemaklik.
Kantoor : Bellville
Landlyn : 021 - 913 9596
Don't do it Hard, do it Smart
Druk "control" + F5 op ELKE bladsy om te VERSEKER dat u die nuutste webbladsy besigtig.