TERMES & VOORWAARDES VIR AANVAARDING VAN DIENSKONTRAK
ORANJE LONE verkies om die voorwaardes minimaal te hou, aangesien ons verband met klante nie 'n geldelike eenmalige transaksie is nie, maar gebou word op 'n langtermyn diensverskaffing waar wedersydse respek en vriendelikheid orde van die dag is.

ORANJE LONE (die firma) onderneem om die volgende dienste te lewer:
1. Om die sagteware (Oranje Lone, Oranje Fin, Oranje Tender, Oranje Boer) in stand te hou vir gebruik vir die doel waarvoor dit geskryf is.
2. ORANJE LONE (die firma) sal alle foute wat onder ons aandag kom regstel, maar sal nie verantwoordelikheid kan neem vir die gevolg wat deur moontlike foute veroorsaak is nie. Ons moet u egter gerus stel, dat ons die programme deeglik toets om dit foutloos te maak. Die tydsduur om foute reg te stel, sou daar wees, sal onmiddellik reggestel word in die kortste tyd wat dit vir ons moontlik is om te doen.
3. ORANJE LONE (die firma) sal die programme instand hou om tred te hou met veranderinge gemaak en verlang deur die industrie, wat insluit SARS, Ongevalle, Banke, Arbeidswette, ens.
4. ORANJE LONE (die firma) sal die programme aanpas om te funksioneer op die nuutste bedryfstelsels (windows) , rekenaars en klokstelsels sodat dit tred hou met die nuutste tegnologie.
5. ORANJE LONE (die firma) sal die programme aanpas om aan die veranderde behoeftes van sy gebruikers in die algemeen te voldoen. Dit sluit nie noodwendig individuele gebruikersbehoeftes uit nie. Gebruikers word uitgenooi om voorstelle vir verbeteringe aan die programme te maak.
6. ORANJE LONE (die firma) sal sy programme gedurig verbeter om kompeterend te bly.
7. ORANJE LONE (die firma) sal minstens een opgradering per jaar vrystel, wat geldige lisensie houers gratis kan aflaai.
8. ORANJE LONE (die firma) gee gratis telefonies opleiding aan al sy klante, telefoonkoste uitgesluit. Hierdie opleiding geskied slegs per afspraak wat vooraf per epos gedoen word. Die opleiding sessies duur ongeveer 30-45 minute per keer. 'n Opleidingsfooi mag gehef word sou die klant meer as eenkeer per jaar opleiding versoek vir personeel wat intussen verwissel het. Vir alle opleiding wat by ons kantoor plaasvind (nie telefonies nie - besoeke), of op die perseel van klante, is onderhewig aan 'n fooi.
9. ORANJE LONE (die firma) sal telefoniese ondersteuning aan klante verleen, maar verkies om probleme per epos af te handel wat 'first come first serve' moontlik maak. ORANJE LONE kan u versoek om probleme per epos aan te stuur. Tyd benodig om probleme op te los hang af van die aard daarvan, asook van hoeveel ander gebruikers tou staan vir hulp. 
10. Die ONDERSTEUNING wat ORANJE LONE (die firma) bied, hou verband met die werking en opstelling van sy programmatuur.

Die ondernemings gelys hierbo is slegs van toepassing op klante wat se dienskontrak nie verval het nie. Nadat die dienskontrak verval het, bestaan daar geen verpligting van ORANJE LONE (die firma) om enige diens te lewer nie, en sou daar wel 'n diens gelewer word, sal die dienste onderhewig wees aan 'n vooruitbetaalde uurlikse professionele fooi.


BELANGRIKE KENNISGEWINGS EN VOORWAARDES AAN ALLE GEBRUIKERS
1. Die programmatuur kan nie gekoop word nie, maar wel die lisensie of magtiging om die programme te gebruik.
2. ORANJE LONE (die firma) sal lisensies uitreik vir 'n gedeelte van 'n jaar op versoek, maar die koste daarvan sal nie minder wees as die van 'n volle jaar nie.
3. KLANTE of GEBRUIKERS wat die dienskontrak wil staak, moet asb 90 dae voor die verval van die dienskontrak kennisgee. Indien u in gebreke bly om dit te doen, behou ons die reg om nie u lisensie verder te verleng nie, wat beteken dat toegang na u data nie deur ORANJE LONE (die firma) se programme verkry kan word nie. U benodig altyd een of ander program om elektroniese data te lees. Daar bestaan wel funksies om data te export na 'n COMMA DELIMITED FORMAT wat deur EXCEL of NOTEPAD gelees kan word mits u oor die programme beskik. Die EXPORT van data moet gedoen word voordat die lisensie of dienskontrak verval, veral sou u van voorneme wees om die dienskontrak te be-eindig.
4. Ons is nie gemagtig om as konsultante op te tree vir SARS of DEPARTEMENT ARBEID nie, en ons is ook nie FINANSIëLE adviseurs nie. Dit beteken dat advies gegee op die gebiede kan nie as professionele advies gesien word nie.
5. Die KLANT of GEBRUIKER moet die lisensie jaarliks vooruitbetaal, en wel voordat die program verval. Alle programme sal die dienskontrak dae aftel en vertoon telkens wanneer 'n program oopgemaak word. U behoort 'n faktuur outomaties te ontavng ongeveer 'n maand voordat die lisensie verval tensy u kennis gegee het dat u van voorneme is om verdere gebruik van die program te staak.
6. GEBRUIKERS word vriendelik versoek om ons personeel nie te onderwerp aan enige spertye nie. Ons raai u aan om vroegtydig vir ondersteuning te vra om betyds enige spertye te haal. Ons dra die belange van ons klante op ons harte en sal altyd poog om klante tevrede te stel.
7. Ons telefoniese ondersteunings ure (wat verskil van ons normale werksure) , sal voortaan wees daagliks vanaf 9:00 tot 13:00 en 14:30 tot 16:00. Skakel asb eers na die landlyne, en u sou ons nie bereik op die landlyne nie, probeer gerus dan die selfone. Die selfone is so gestel dat slegs een oproep op 'n slag per selfoon ontvang kan word.
8. DIREKTE ONDERSTEUNING via die internet op u rekenaar sal slegs gedoen word met behulp van AMMY of ANYDESK. Ons maak nie gebruik van TEAMVIEWER nie.
9. Gratis ondersteuning is nie van toepassing sou ons u kantoor op u versoek besoek nie.
10. Gebruikers word sterk aanbeveel om altyd op die nuutste weergawe van die programme te werk. Ouer pakkette mag foute op hê en moeiliker prosedures om te volg. Dit is ook belangrik om die nuutste belasting tabelle te gebruik.
11. Die bedrag van lisensiegelde hang af van die aantal firmas, asook die aantal gebruikers op die stelsel.
12. Die woord Oranje het niks uit te waai met Orania nie, die program is net ontwikkel aanvanklik vir boere benede die Oranje Rivier.
13. Die programme wat deur die termes en voorwaardes gedek word is : ORANJE LONE ; ORANJE FIN ; ORANJE BOER ; ORANJE TENDER;  MOBILE CLOCK ; MOBILE CLOCK SERVER.


PEET HENDRIKS