ORANJE LONE PAKKETTE EN FUNKSIES
ORANJE LONE VIR DIE DOEN VAN SALARIS EN LONE
Oranje Lone Screen Shots
Druk "control" + F5 op ELKE bladsy om te VERSEKER dat u die nuutste webbladsy besigtig.
ORANJE LONE - FUNKSIES EN WAT DIT KAN BIED

Hieronder verskyn die basiese funksies wat Oranje Lone kan uitvoer. Ongelukkig kan dit nie die leser vertel met watter gemak dit deur die gebruiker uitgevoer kan word nie. Die gebruikersvriendelikheid van die program is een van sy grootste bates. Om dit te ervaar, is die beste opsie om ons program te toets gebruik. U kan dit gratis doen terwyl ons u ook sal bystaan met die opstelling, installering en gebruik daarvan. Kontak ons gerus vir meer besonderhede.

ORANJE LONE beskik oor die volgende pakkette : (kontak ons gerus vir die billike pryse)
     1. Oranje Lone Office.

     2. Oranje Lone Standaard.
     3. Oranje Lone Enjin.
     4. MobiClock Andriod App.
     5. OL Attendance Andriod App.
     6. OL PieceWork Andriod App.

Oranje Lone Office
Oranje Lone Office word beperk to 20 werknemers per loonstelsel, maar verder werk dit identies soos die Standard pakket. Die pakket is ideaal vir kantoor personeel en relatief klein besighede.en beslis ons goedkoopste opsie. Die Office pakket is nie geskik vir enige boerdery nie.

Oranje Lone Standaard
Oranje Lone Standard word nie beperk deur die aantal werknemers of aantal loonstelsels nie en is beslis geskik en gewild vir boederye en nywerhede. Oranje Lone Standard word gebruik deur die meeste van ons klante. Oranje Lone Standaard kan skakel met Oranje Boer.

Oranje Lone Enjin
Oranje Lone Enjin beskik oor uitgebreide stukwerkmodules met glyskale wat op 'n daaglikse basis ingevoer kan word, Oranje Lone Enjin doen ook kosteberekening op verskeie identiteite soos vrugteboorde, masjienerie, werkswinkels ensovoorts. Dit kan aparte stukwerk betaalstrokies druk, of 'n stukwerk betaalstrokie lewer saam met die normale betaalstrokie. Oranje Boer kan direk skakel met Oranje Lone Enjin om dubbelwerk uit te skakel. Oranje Lone Enjin beperk nie die aantal werknemers of loonstelsels nie. Opsioneel maar ideaal om saam met Oranje Lone Enjin te gebruik is 'n selfoon toepassing waarby voormanne stukwerk en tydwerk hoeveelhede in die veld kan aanteken. Die data kan dan deurgetrek word na Oranje Lone. Die app staan bekend as die "OL PieceWork."
Oranje Lone Enjin kan gedetailleerde arbeidstoedeling doen.
Meer inligting met voorbeelde van verslae

OL MobiClock Andriod Toepassing
Die MobiCLock is 'n Andriod selfoon toepassing wat opsioneel saam met enige Oranje Lone Pakket gebruik kan word waarby werknemers hulself kan IN en UIT klok met hul foon.

OL Attendance Andriod Toepassing
Waar die MobiClock gebruik word deur die werknemer self, word die Attendance App gebruik deur die voorman om werkers per werkspan of afsonderlik te klok. Notas soos afwesig of siek kan ook gemaak word deur die voorman. Die klok data kan aangeteken word in die veld en ingetrek word na die Standaard en Enjin pakkette. Werknemer name en werkspanne kan die app invoer vanaf Oranje Lone.

OL PieceWork Andriod Toepassing
Netsoos die Attendance App word die PieceWork App deur die voormanne gebruik om stukwerk hoeveelhede in die veld aan te teken. Werknemer name en werkspanne kan die app invoer vanaf Oranje Lone. Hierdie toepassing kan slegs gebruik word saam met die Engine weergawe.

Betaalperiodes : Weekliks, Twee-weekliks, Drie-weekliks, Vier-weekliks, Maandeliks
Oranje Lone hanteer feitlik al die verskillende betaalperiodes.

Onbeperkte Aantal Loonstelsels
'n Aparte loonstelsel moet geskep word vir elke verskillende Betaalperiode, Byvoorbeeld een vir maandelikse betaalde werknemers en een vir weekliks betaalde werknemers en een vir twee-weekliks betaalde werknemers. n Loonstelsel kan geskep word vir 'n sekere groep werknemers, byvoorbeeld een vir permanente werkers en een vir seisoen werkers. Oranje Lone beperk nie die aantal loonstelsels wat geskep word nie. Elke loonstelsel hou rekords van een finansiële jaar. 'n Loonstelsel kan ook sodanig  benoem word dat die finjaar maklik herken kan word. Voorbeeld :'WeekLone23 of Sal2023. Tydens jaarafsluiting van Sal2023 sal Oranje Lone outomaties 'n nuwe loonstelsel skep wat jy Sal2024 kan noem.
Werknemers kan maklik van een loonstelsel na 'n ander loonstelsel oorgedra word.

Onbeperkte Aantal Werknemers
Oranje Lone beperk nie die aantal werknemers nie. Die office pakket beperk wel die aantal werknemers per stelsel, maar nie die aantal stelsels nie,

Rugsteun- en Herwin Fasiliteit / Cloud opsies
Oranje Lone beskik oor 'n fasiliteit om meer as een loonstelsel op 'n slag te stoor of te herwin na die hardeskyf wat jy self spesifiseer. Oranje Lone doen ook outomatiese rugsteune telkens wanneer 'n loonstelsel ge-open word, en behou tot die laaste 100 rugsteune sodat wanneer jy moet herwin, kan kies uit verskeie rugsteune gemaak. Soms word 'n fout nie dadelik ge-identifiseer nie en dan ook gerugsteun, wat ouer rugsteune handig maak om te behou. Oranje Lone Enjin het 'n opsie om rugsteune op Oranje Lone se cloud te doen. Rugsteune kan ook maklik en outomaties per epos direk vanuit Oranje Lone aan Oranje Lone Support gestuur word.

Tydwerk en Stukwerk en oortyd tariewe
Oranje Lone maak voorsiening vir 'n normale oortyd tarief asook spesiale oortyd tarief (Sondae).
Daar bestaan 'n spoed opsie om tariewe te verhoog of aan te pas per werkspan.
Tydwerk kan ingevoer word per uur of per dag of per periode en stukwerk tariewe kan per krat/sak/aktiwiteit/elk ensovoorts ingevoer word. Tydwerk kan op 'n daaglikse basis ingevoer word, of vanaf klokstelsels deurgetrek word, of vanaf ons selfoon toepassings. Stukwerk kan van klokstelsels verkry word en deurgetrek word, of oorgedra word vanaf verskeie stukwerkmodules. Oranje Lone Enjin beskik oor 'n kragtige stukwerkmodule met glyskale hoofsaaklik geskryf vir die boer. Oranje Lone Enjin kan onbeperkte aantal stukwerk aktiwiteite per dag hanteer.

ETI, PAYE, UIF, SDL berekeninge
Behalwe UIF PAYE en ETI berekeninge doen Oranje Lone ook die maandelikse EMP201 opgawes, UIF Declaration; en tweejaarlikse IRP5/IT3a Rekonsiliasies vir deurtrek na SARS se EasyFile
RSA en Namibia belastingtabelle is ingebou. Oranje Lone druk Ui19's en UIF werkskedules.
Die UIF Declaration kan direk vanuit Oranje Lone na die departement gestuur word.
Belastingaanpassings kan maklik agterna gedoen word om onder of oorbetalings te verhoed.

Skakeling met klokstelsels
Oranje Lone skakel metverskeie Vingerklok, Gesigskandering en Muntklokstelsels.
Ons onderneem ook om import funksies te skryf vir vreemde klokstelsels wat ons klante mag gebruik.

Skakeling met "cloud" gebaseerde Selfoontoepassings
Afhangende van die tipe Oranje Lone program, kan klokdata ingevoer word vanaf die volgende selfoon toepassings : MobiClock; Attendance App; PieceWorkClock.

Verlof
Oranje Lone hanteer alle vorme van verlof soos - Menslikheid-, Siek-, Afwesig, Onbetaaldeverlof.
'n Funksie bestaande om een uur verlof te bereken vir elke 17 uur gewerk.
Verlofrekords beskik oor verskeie jaar in een loonstelsel.

Lenings- Spaar- en Winkelrekeninge
Lening- Spaar en Winkelrekeninge kan opgestel word. Transaksies kan daagliks per bondelmetode ingevoer word, of alternatiewelik direk op die betaalstrokie. Hierdie rekeninge maak voorsiening vir transaksies wat op die betaalstaat reflekteer maar ook vir transaksies buite die betaalkoevert.
Oranje Lone hou goed balanse van elke skuldrekening, en daar bestaan keuse watter skuldrekening se balans op die loonkoevert gedruk moet word.

Elektroniese Bankoorplasings
Oranje Lone kan bankoorplasings elektronies doen vir feitlik alle bankinstansies insluitend EWallet.
Oranje Lone kan muntontleding met of sonder afronding doen vir kontantuitbetalings.
Bankoorplasingslyste kan per bank uitgedruk word.

Intensiewe Arbeidstoedeling ( Engine weergawe)
Oranje Lone Engine kan arbeid toedeel per betaalperiode
Arbeidstoedeling kan gedoen word per boord, per aktiwiteit, boord per aktiwiteit, per werkspan en per periode. Die aantal stukwerk aktiwiteite per dag word nie beperk nie

Kragtige Opsommende en Gedetailleerde Verslae
Verskeie verslae is beskikbaar wat uitgedruk of in pdf formaat gestoor kan word.
Alle verslae kan ook uitgevoer word na Excel.
Oranje Lone beskik ook oor ETI oudit verslae in die formaat soos SARS en meeste ouditeure verlang.
Equity verslae kan verkry word.
Oranje Lone beskik ook oor 'n fasiliteit om data in te voer vanaf csv lêers.

Verskeie Betaalkoevert druk opsies
A4 Betaalstaat vir die Salaris trekker.
Twee op A4 betaalstrokie vir die lone werker.
Teks betaalstrokies vir druk op dot matriks drukkers.
Netjiese Pdf betaalstate wat gestoor of ge-epos kan word direk vanuit Oranje Lone
Betaalstate van periodes reeds afgesluit kan herdruk word.

Uitgebreide Personeelrekords
Oranje Lone beskik oor uitgebreide persoonlike rekords. Mediese rekords, Indiens- en Ontslag periodes, Persoonlike informasie, naasbestaandes, bloedgroep ens.
Vinnige soekfasiliteit is ingebou asook 'n maklike heraanstellingsopsie.

Formules vir aftrekkings kan opgestel word.
Formules kan opgestel word vir aftrekkings wat van verdienstes afhang.
Voorbeeld1 : Pensioen is 15% van Basiese Inkomste.
Voorbeeld2: Spaargeld is 10% van Basies + 12% van Stukwerk.
Jaar tot datum totale kan opsione weergegee word op die betaalstrokies/betaalstate.

Jaar- en Prestasie Bonusse.
Oranje Lone beskik oor 'n funksie om 'n prestasie bonus per periode te bereken en dan opsioneel te spaar vir latere uitbetaling. Die prestasie kan onder andere afhang van 100%.
'n Spesiale funksie bestaan om 'n jaarbonus te bereken op die aantal dae of ure wat die persoon gedurende die jaar gewerk het.

Foute gemaak op Oranje Lone kan maklik reggestel word.
Foute kan reggestel word terwyl Oranje Lone rekord hou van die oorspronklike uitbetalings.

Funksies tussen loonstelsels
Periodes kan van een loonstelsel na 'n ander oorgedra word.
Werknemers kan van een loon stelsel na 'n ander oorgedra word.

Oranje Lone en Oranje Boer is ge-integreer om dubbel werk uit te skakel by kosteberekeninge.