ORANJE LONE ENJIN VIR VRUGTE BOERE
ORANJE LONE ENJIN
VIR ARBEIDSTOEDELING EN STUKWERK
Druk "control" + F5 op ELKE bladsy om te VERSEKER dat u die nuutste webbladsy besigtig.
DIE NUWE ORANJE LONE ENJIN WEERGAWE VERVANG NIE DIE BESTAANDE ORANJE LONE PAKKET NIE. DIE HUIDIGE ORANJE LONE WEERGAWE GAAN VOORTAAN BEKEND STAAN AS ORANJE LONE STANDAARD. DIE ENJIN WEERGAWE GAAN VOORTAAN SPESIALISEER IN KOMMERSIëLE BOERDERY TERWYL DIE STANDAARD WEERGAWE MEESAL GESKIK SAL WEES VIR BESIGHEDE EN KLEINER SKAAL BOERDERY. ONS BESPREEK HIER HOE DIT VERSKIL VAN DIE HUIDIGE ORANJE LONE PROGRAM.
BESTAANDE GEBRUIKERS IS WELKOM OM DIE ENJIN WEERGAWE GRATIS TE TOETS GEBRUIK.

ORANJE LONE ENJIN
is 'n splinter nuwe weergawe van ORANJE LONE wat ARBEIDSTOEDELING INTENSIEF doen. Dit beskik oor 'n STUKWERK MODULE en ARBEIDSTOEDELING is ingebou spesiaal vir die BOER. Die STUKWERK MODULE laat DAAGLIKSE invoere toe en verwerk dit opsommend vir betaling. Sien  verduideliking en ARBEIDSTOEGEDEELDE verslae hierlangsaan  met voorbeelde.

ORANJE LONE ENJIN
is nie beperk tot 10 verdienstes nie, en kan meer as dubbel soveel tydwerk en stukwerk verdienstens hanteer.

Die ENJIN
weergawe beskik oor 'n Andriod Selfoon Toepassing wat gebruik kan word deur die plaas voormanne om stukwerk data vas te vang in die veld. Die data word dan op die "cloud" opgelaai vir toegang tot die lone klerk om dit verder te prosesseer.

Nog 'n groot verandering is dat ORANJE LONE ENJIN 'n totaal nuwe databasis gebruik.
  Die nuwe databasis is SQLITE wat die BORLAND BDE in die standaard weergawe totaal vervang.

ORANJE LONE ENJIN
lyk andersins identies aan ORANJE LONE STANDAARD, hoofsaaklik om nie 'n ontwrigting te veroorsaak vir die klante wat wil omskakel na die ENJIN weergawe.

Alhoewel die twee programme identies lyk, kan loonstelsels opgegradeer word vanaf die STANDAARD weergawe na die ENJIN weergawe, maar nie andersom nie. Dis belangrik om te weet sou 'n gebruiker op 'n latere stadium wou terugskakel na ORANJE LONE STANDAARD. (baie onwaarskynlik)

ORANJE LONE ENJIN beskik oor 'n CLOUD rugsteun/herwin opsie.
Die normale rugsteun en autobackups is steeds beskikbaar soos in die STANDAARD weergawe, maar met die ENJIN weergawe kan rugsteune op die CLOUD gestoor word wat data beskikbaar maak selfs al is u rekenaar gesteel of uitgebrand.

Invoer van Stukwerk op 'n daaglikse basis :
Die lone klerk of voorman kan stukwerk bondels skep per aktiwiteit per werkspan per boord per dag, met geen beperking op die aantal aktiwiteite per dag nie.
Voorbeeld : Werkspan1 kan op Maandag lemoene oes op blok1, daarna lemoene oes op blok2.
Werkspan2 kan op Maandag lemoene oes op blok2 daarna appels pluk op blok3, daarna appels pluk op blok4.
Die stukwerk bondels wat dan geskep word is soos volg :
Bondel1 : Maandag/Werkspan1/Blok1/Lemoene pluk
Bondel2 : Maandag/Werkspan1/Blok2/Lemoene pluk
Bondel3 : Maandag/Werkspan2/Blok2/Lemoene pluk
Bondel4 : Maandag/Werkspan2/Blok3/Appels pluk
Bondel5 : Maandag/Werkspan2/Blok4/Appels pluk
So kan stukwerkbondels vir alle dae van die betaalperiode opgestel en data ingevoer word.

Stukwerk hoeveelhede :
Stukwerk hoeveelhede kan dan of vir elke werker ingevoer word, of 'n hoeveelheid vir die span wat dan gelykop verdeel word vir elke spanlid.
Stukwerk kan soos volg ingevoer word :
(1) Per hand. Oranje Lone Enjin kan 'n template uitdruk van die werkspan/aktiwiteit wat deur die voorman in die veld ingevul kan word.
(2). Cloud download. Stukwerk hoeveelhede kan deur die voorman op die PieceWork selfoon toepassing ingevoer word wat die lone klerk net kan aflaai.

OL PieceWork Andriod Toepassing
Die selfoon toepassing is beskikbaar vir al die voormanne en word dus nie gefooi per voorman nie. Net soos die Attendance App word die PieceWork App deur die voormanne gebruik om stukwerk hoeveelhede in die veld aan te teken. Werknemer name en werkspanne kan die app invoer vanaf Oranje Lone. Hierdie toepassing kan slegs gebruik word saam met die Engine weergawe.

Glyskale :
Elke stukwerkbondel kan tariewe opsioneel aanpas volgens die verskillende glyskale.(en selfgedefineerd)
Voorbeeld : As 'n persoon onder 'n sekere hoeveelheid of bokant 'n sekere hoeveelheid gepluk het, word hy teen 'n ander tarief betaal.

Statistieke :
Die program kan ook statistieke per bondel uitwerk soos gemiddeldes en afwykings.

Opsie om Minimum Uur Loon te handhaaf:
Stukwerk ure kan ook ingevoer word om te verseker dat minimum loon betaal word vir onder presteerders.
Die program sal duidelik uitwys wanneer 'n stukwerk loon onder die uurlloon van die werknemer val, 'n Opsie bestaan dan om hierdie gevalle se tarief sodanig aan te pas dat hul minstens die uurloon sal ontavng. Sien die twee "printscreens" heel onderaan die bladsy met die opsies "APPLY SCALE" en "APPLY MINIMUM WAGE".

Aparte Stukwerk Betaalstrokies :
Normaalweg kan Oranje Lone Standaard net 10 verdienstes hanteer wat Tydwerk en Stukwerk insluit. Oranje Lone Enjin beperk nie nie aantal verskillende stukwerk tipes nie, en dus kan daar heelwat meer stukwerk aktiwiteite gelys word wat dan ook afsonderlik op die stukwerk koevert sal print.

Opsioneel : Stukwerk opsomming onder aan die normale betaalstrokie :

Arbeidstoedelings en PDF Verslae :

Arbeidstoedeling kan gedoen word per boord, per aktiwiteit, boord per aktiwiteit, per werkspan en per betaalperiode. Die aantal stukwerk aktiwiteite per dag word nie beperk nie
Verslae kan getrek word per betaal periode, of tussen enige twee betaal periodes.
Verslag wat loonkostes, ure en stukwerk hoeveelhede verdeel tussen vrugteboorde
Die hoof verslag sal die groot loon bedrag verdeel tussen vrugteboorde (of "cost centers") en presies aandui hoeveel manure en geld elke vrugteboord spandeer is.
Verslag wat loonkostes, manure en stukhoeveelhede vertoon per aktiwiteit per boord.
Verslag wat loonkostes, manure en stukwerkhoeveelhede per aktiwiteit weergee.
Verslag wat loonkostes, manure en stukwerkhoeveelhede opdeel tussen voormanne/werkspanne.
Die verslag is nuttig om aan te dui hoe effektief elke voorman benut is.

Arbeidstoedelings kan uitgevoer word na Excel :
Elke verslag hierbo kan uitgevoer word na Excel in 'n netjiese formaat.

Kostes om oor te skakel vir bestaande Oranje Lone gebruikers :
Die kostes om oor te skakel vanaf Oranje Lone STANDAARD na Oranje Lone ENJIN kan per maand of per jaar betaal word. Die normale lisensie gelde van Oranje Lone geld steeds en is betaalbaar op die gewone vervaldatum van jou dienskontrak. Die bykomende kostes word hieronder uiteen gesit en is betaalbaar wanneer oorskakel.

R1200 per jaar of R120 per maand - Oranje Lone ENJIN
R 600 per jaar of R  60 per maand - Stukwerk Selfoon Toepassing (opsioneel)
R 400 per jaar of R  40 per maand - "Cloud Storage" vir selfoon data uitruiling
R2200 per jaar of R220 per maand - TOTAAL vir Enjin + Selfoon Toepassing

Betaaldatum indien "per jaar" opsie kies.
Indien die Enjin geneem word op dieselfde dag wanneer die program normaalweg hernu word, is die volle bedrag betaalbaar, anders betaal die gebruiker slegs prorata tot die vervaldatum. Vernaderstel die verval datum is 1 Jun 2024, maar die gebruiker wil as 1 Mrt 2024 opgradeer na Enjin, betaal die gebruik nou net vir die 3 maande tot 1 Jun, waarna die gebruiker dan betaal vir die volle jaarlikse bedrag betaal. Dit sal dan wees die normale lisensiegelde plus R2200.of plus R1200 afhangende of die selfoon toepassing gebruik word al dan nie.

Gereelde ZOOM Opleiding Sessies
Bo en behalwe die aanlyn opleiding sessies, bestaan daar video tutoriale wat ter enigetyd besigtig/bestudeer kan word wat presies verduidelik hoe elke funksie werk.

Integrasie met Oranje Boer
Oranje Lone Enjin kan ge-integreerd met Oranje Boer skakel om enige dubbel werk te vermy. Arbeidskostes dus toegedeeel word ook direk in Oranje Boer gedoen.
Oranje Lone ENJIN kan egter arbeidstoedeling doen onafhanklik van Oranje Boer.

OL MobiClock Andriod Toepassing
Die MobiCLock is 'n Andriod selfoon toepassing wat opsioneel saam met enige Oranje Lone Pakket gebruik kan word waarby werknemers hulself kan IN en UIT klok met hul foon.
Hierdie toepassing word gratis ingesluit sou die PieceWork Toepassing geneem word.

OL Attendance Andriod Toepassing
Waar die MobiClock gebruik word deur die werknemer self, word die Attendance App gebruik deur die voorman om werkers per werkspan of afsonderlik te klok. Notas soos afwesig of siek kan ook gemaak word deur die voorman. Die klok data kan aangeteken word in die veld en ingetrek word na die Standaard en Enjin pakkette. Werknemer name en werkspanne kan die app invoer vanuit Oranje Lone.
Hierdie toepassing word gratis ingesluit sou die PieceWork Toepassing geneem word.

"Cloud Storage" - Data berging op die internet
Word voorsien en onderhou deur Oranje Lone. Die koste per jaar beloop R400 soos hierbo uiteengesit sou die selfoontoepassing ook gebruik word.

Oranje Lone ENJIN se fokus vorentoe
Ons werk daaraan om 'n draagbare CLOUD gebaseerde tydwerk en stukwerk klokstelsel te bou (wat 'n weegskaal opsioneel insluit) om lewendige data te prosesseer vir besigtiging soos daar ingeweeg of geklok word. Sien die fotos hierlangaan van die Horus H1 klokstelsel. Die H1 is 'n draagbare klokstelsel so groot soos 'n selfon en kan "fingerprint" en "facial recognition" en "barcode scanning" doen wat ons beplan om te integreer met ORANJE LONE ENJIN.

ORANJE LONE ENJIN SAL AL MEER BEWEEG NA CLOUD AS KOPPELVLAK MET ANDER STELSELS EN OM TRED TE HOU MET NUUTSTE TEGNOLOGIE.