1. Biometriese klokstelsels en
2. Munt klokstelsels vir Oranje Lone
i. 11 x 15 X 4 CM sonder kragbron of battery
ii. Het 'n aparte IN en UIT klok funskie - skofte nie meer 'n probleem nie
iii. Beskik oor 'n toegangsbeheer opsie - kan dus hekke oopsluit
iv. Beskik oor 'n alarmsfasiliteit en 'n roep funksie
v. Hanteer 1500 werkers en 50 000 transaksies
vi. Aflaai van data via USB na flashdrive, of RS232, of TCP/IP (internet konneksie)
"BUDDY CLOCKING" NOU FINAAL GETROEF MET NUWE BEKOSTIGBARE EN DRAAGBARE BIOMETRIESE STELSELS. BETAAL SLEGS VIR WERKLIKE ARBEID. KLOK MAKLIK IN DIE VELD. ONS HET DIE BESTE OPLOSSING VIR BOERE EN KONTRAKTEURS
Vir navrae kontak Peet by  021 9139596 of by peet@oranjelone.com
[Meer info]
VASTE PUNT BIOMETRIESE KLOK
DRAAGBARE BIOMETRIESE KLOK
Hierdie is die meesgewilde vingerklok onder die boere gemeenskap. Die rubberlaag buiteom beskerm die produk en dit kan redelike rowwe behandeling in die veld weerstaan. Ook beskikbaar in grys omhulsel.
"FACE DETECTION" EN BIOMETRIESE KLOK
"Face Detection" werk goed, maar baarde en snorre kan gesigte onherkenbaar maak vir die stelsel.
Bogenoemde klokstelsels kan gekombineer word - dit wil sê klok op die een stelsel in en klok op die ander stelsel uit.
Klokstelsels kan onafhanlik van Oranje Lone gebruik word.
Oranje Lone Klok Sagteware - dit maak onder andere voorsiening vir die volgende :
Skakel dubbelklokke outomaties uit. Sommige werkers is bang dat die stelsel hulle nie registreer nie, dan klok hulle weer.
Alle klokke binne 5 minute word gesien as dubbel klokke
'n Speling kan ingewerk word sodat die persoon wat eerste klok in die ry nie meer IN TYD ontvang as die persoon wat laaste klok nie.
Indien daar nie vir ete en tee uitgeklok word nie, kan die sagteware daardie tye aftrek om die normale werksure te verkry.
Oortyd word op 'n daaglikse basis bereken, en wel teen twee tariewe.
Persone wat minder as die normale TYD IN werk, sal minder betaling kry.
Persone wat meer as die normale TYD IN werk maar minder as die normale TYD IN plus die speling, sal net normale TYD IN ontvang.
Persone wat meer as die normale TYD IN plus die speling werk sal oortyd ontvang wat die speling insluit.
Daar bestaan twee IN TYE, wat nie noodwendig die tye is wat die werker mag inklok nie, maar sou hy tussen daardie tye klok,
sal die rekenaar dit altyd sien as 'n IN klok. 'n Werker mag nie tussen die tye uitklok nie.
Daar bestaan twee UIT TYE, wat nie noodwendig die tye is wat die werker mag uitklok nie, maar sou hy tussen daardie tye klok,
sal die rekenaar dit altyd sien as 'n UIT klok. 'n Werker mag nie tussen die tye inklok nie.
Tussen die IN en UIT tye kan die werker of in of uit klok.
Die doel van die twee IN tye en die twee UIT tye is om die klokstelsel te sinchroniseer sou die werker vergeet het om IN of UIT te klok.
Geakumuleerde ure kan opsommend per werkspan op 'n weeklikse basis uitgedruk word.
Gedetailleerde uitdrukke kan ook uitgedruk word om elke klok se datumtyd weer te gee per werknemer.
Elke keer wanneer daar afgelaai word, word die data in 'n aparte tekslegger gestoor.
Draagbare muntklokstelsels vir boere en kontrakteurs om in die veld te klok. Die muntklokstelsel kan saam met die vingerklokstelsel funksioneer. Persone kan op die een stelsel inklok en op die ander een bv. uitklok. Rekenaars waarop die aflaai gedoen word moet oor 'n COM1 of COM2 poort beskik.
MUNT KLOKSTELSELS - DALLAS COINS