Oranje Boer : BlokMonitor
Die woord ORANJE LONE op die skerm hieronder verteenwoordig die naam van die boerdery en kon net sowel ABC Boerdery gewees het.
Die Blokmonitor word gebruik om plaas aktiwiteite se vordering te monitor en te meet. Meetbare plaas aktiwiteite is enige aktiwiteit wat gebaseer is op stukwerk.  Vordering word bepaal deur hoeveelhede werk afgehandel per blok daagliks in te voer.

Hoeveelhede werk afgehandel word meesal gegee in terme van stokke of bome of kratte voltooi. n Netjiese verslag is beskikbaar wat die blokke lys en grafies vir maklike lees aandui die persentasie werk voltooi.  Prestasie word gemeet teen die norme en standaarde wat u stel.
Die Blokmonitor kan handag gebruik word vir take soos vleg, snoei, oes, ens.

Met behulp van
Die Blokmonitor kan u die manure en arbeidskoste maklik bereken.  U kan dus maklik bepaal per blok en totaal die aantal werkers benodig asook die aantal dae wat dit gaan neem om die aktiwiteit af te handel.
Die inlees van data is vinnig, maklik en prakties.  Geen spesiale opleiding is nodig nie en die gebruik van die program is voor die hand liggend.  Geringe leeswerk sal alles wat nodig is verduidelik om vandag al effektief te begin werk.
Huidige Prys : R300 voor BTW
Laai die BLOKMONITOR program hier af.
Stoor die afgelaaide program op u desktop en dubbelkliek daarop om te installeer na aflaai.
Ek stel belang in die program
Geregistreerde Naam van Boerdery
Geldige Epos adres
Kontak persoon :
Kontak Telefoon :
Volledige weergawe
Faktuur en instruksies sal volg op volledige weergawe
Die BlokMonitor is 'n handige rekenaar program spesiaal ontwikkel vir bestuur van plaasaktiwiteite op vrugteboorde.
Die BlokMonitor se hoofdoel is om werksvordering en werkprestasie te meet en dit op 'n daaglikse basis in 'n netjiese verslagvorm te kan weergee. Die maklik leesbare verslag sal betyds produktiwiteitsprobleme en effektiwiteit uitwys en kan dus nuttig deur voormanne en supervisors gebruik word.
Stadige werktempo sal vinnig uitgewys word, want prestasie word gemeet teen aanvaarde norme en standaarde wat u stel. Hoeveelhede werk afgehandel word meesal gegee in terme van stokke of bome per blok voltooi, wat op 'n daaglikse basis per blok ingevoer kan word. Verslae is beskikbaar per aktiwiteit per blok of vrugteboord met 'n grafiese voorstelling vir maklike en vinnige oorsig. Onbeperkte aantal plaas aktiwiteite soos vleg, snoei, oes, ens. kan ideaal gemonitor word. Inligting word per oesjaar gestoor sodat vorige oesjare se data maklik toeganklik is.
Ander funksies is werklike- vs begrote arbeidskosteberekeninge, asook mannekrag bepaling.
Die inlees van data is vinnig, maklik en prakties. Geen spesiale opleiding is nodig nie en die gebruik van die program is voor die hand liggend. Geringe leeswerk sal alles wat nodig is verduidelik om vandag al effektief te begin werk. 'n Volledige handleiding is beskikbaar.

Die BlokMonitor kos slegs R300 voor BTW terwyl 'n gratis demo beskikbaar is alles onmiddellik vanaf die internet.
1.
Werksvordering
2.
Werk tempo

3. Mannekrag
4. Arbeidskoste
5. Begrote vs Werklike syfers